Video
STILBAAI NUUS & VIDEO - Stilbaai, wat Sondag 31 Maart aangewys is as kykNET/Kwela se Dorp van die Jaar in die Wes-Kaap, is ‘n sieraad vir Hessequa.
Grant Riddles, uitvoerende burgemeester, is baie trots op die dorp wat saam met Jongensfontein 57% van die streek se inkomste lewer.
Hy is positief oor die ontwikkeling wat daar plaasvind en veral hoeveel mense hulle daar vestig.
Hy bedank almal wat reeds gestem het nooi hulle uit om weer die dorp te ondersteun wanneer die finale stemming vir die nasionale Dorp van die Jaar plaasvind.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'