STILBAAI NUUS - Hoewel die skole amptelik eers Woensdag 6 Desember gesluit het, is die kusdorpie reeds meer woelig as voorheen en kan vakansiegangers oral opgemerk word.
Die R305 vanaf die N2 na Stilbaai is ook bedrywig en vakansiegangers sal beslis aangenaam verras wees deur die konstruksiewerk wat al voltooi is.
Die enkele stop-en-ry punt is nou beswaarlik 300 m voor die dorp se ingang tot ongeveer 100 m verby die drierigtingstop na die oostekant en slegs oor die brug na die westekant.
Dit beteken dat wagtyd nie meer so lank is nie en vanaf 16 Desember sal dié punt ook verwyder word.
Besighede en die strande toon ook 'n oplewing, hoewel dit nog nie uitermatig besig is nie.
Winkels se voorrade is aangevul, baie vensters is met Kersversierings verfraai en by verskeie plekke is bykomende tydelike personeel aangestel.
Volgens Peet van Staden, eienaar van Stilbaai Spar is hy bekommerd dat hul Coke-voorraad dalk nie gaan hou nie as gevolg van die skip wat in Durban gesink het.
"Die plastiekballetjies (nurdles) wat verlore gegaan het, word blykbaar ook gebruik om die bottels wat hulle gebruik te verhard," verduidelik hy.
'n Vroeë oggendtoneel voor die strand besig raak, word deur 'n skilder vasgevang.
Vroegoggend is baie vakansiegangers op die wandelpaadjies te sien, met of sonder honde terwyl ander dapper genoeg is om die koue branders te trotseer.
Die weer oor die afgelope tyd is ook baie gunstig.
Ongelukkig is die feesseisoen ook 'n tyd waar meer padongelukkie en verdrinkings plaasvind, dikwels omdat alkohol oormatig gebruik word.
Willem en Theresa Grobbelaar van Trompsburg, Suid-Vrystaat het reeds op 25 November na Stilbaai gekom.
Indien jy wel moet ry, maak seker dat daar iemand is wat kan bestuur wat nie alkohol gebruik het nie, maak gebruik van 'n taxi of tref alternatiewe reëlings.
ARTIKEL & FOTO'S: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'