Video
STILBAAI NUUSFLITS - Die plaaslike Spar is op Maandagaand 11 September by Sun City in die Noordwes Provinsie as die Spar van die Jaar op nasionale vlak aangewys.
Die eienaars is Peet van Staden en André van Wyk.
Stilbaai Spar was in Julie as die Spar van die Jaar in die Wes-Kaap aangewys.
Dié toekennings vir Spar, KwikSpar en SuperSpar geskied jaarliks. Van die kriteria vir die toekenning sluit in higiëne en syfers. Stilbaai Spar is die wenner in die Spar-kategorie.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer in volgende week se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'