STILBAAI NUUS - Die dorp se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) is onontbeerlik in die beveiliging van Stilbaai, Melkhoutfontein, Jongensfontein en die omliggende landelike gebiede.
Volgens Elize Claassens van die plaaslike polisiestasie is die GPF die oë en ore vir wetstoepassing.
Die organisasie se jaarvergadering sal op Dinsdag 31 Maart om 19:00 in die gemeenskapsaal plaasvind en alle inwoners word uitgenooi om dit by te woon.
Die nuwe bestuur vir die volgende vyf jaar sal ook verkies word.
Volgens Claassens is organi-sasies soos die buurtwagte, die landelike subforum, die sakekamer, toerisme, Badisa, Ouma Lena se Huis, AfriForum en Kansa, asook skole, kerke en sportorganisasies reeds deel van die GPF.
Claassens kan by 081 270 1883 of 028 754 6100 vir meer inligting gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'