TUINROETE NUUS - Alle roetes is redelik maklik tot 'n matige moeilikheidsgraad.
Munisipale staproetes
(Al dié roetes is onderhewig aan munisipale regulasies soos van toepassing op natuurreservate. Meer inligting by plaaslike munisipaliteit of toerismekantoor beskikbaar)
- Witsand Natuurreservaat - verskeie wandelroetes met ongelooflike uitsig
- Werner Frehse Natuurreservaat, Riversdal – geen permit, maar onderhewig aan bespreking (028 713 8018)
- Culla Uys Natuurtuin – vorm deel van die Heidelberg Birding Route. Die natuurtuin is oop vir die publiek, maar 'n permit word benodig indien die 'Birding Route' gebruik word.
- Gouritsmond Natuurreservaat – oop vir die publiek.
- Pauline Bohnen Natuurreservaat, Stilbaai – verskeie staproetes om van te kies tussen 4 tot 8km. Dit neem ongeveer 90min of drie ure, afhangende van die lengte wat jy kies.
- Skulpiesbaai Natuurreservaat, Stilbaai – is reg langs die kus geleë. Bestaan uit verskeie roetes.
- Jongensfontein Natuurreservaat – verskeie staproetes beskikbaar.
Vir die nie so fikses
- Palinggat/Sleephelling tot by Lappiesbaai/hawe, Stilbaai – Groot gedeelte is rolstoel vriendelik.
- Tuin-Op-Die-Brak, Stilbaai-Oos – 'n Fynbospark met meer as 240 fynbosspesies - insluitend bedreigde spesies. Die park beskik oor 'n unieke brail trail vir gesiggestremde besoekers en is rolstoel vriendelik.
Ander
- Sleeping Beauty-staproete, Riversdal – Die dagroete gedeelte is oop.
- Kristalkloof staproete, Riversdal – Die dagroete gedeelte is oop.
- Culla Uys staproete en natuurtuin, Heidelberg.
Cape Nature
(Adrian Fortuin van CapeNature kan gekontak word vir meer inligting by 028 713 2366. Onderhewig aan CapeNature se vereistes).
- Grootvadersbosch Natuurreservaat – Laaste inheemse woud in die Hessequa-gebied met verskeie wandelroetes, soos die Bosbok-roete van tussen 3-4 ure, asook langer oornagroetes.
- Geelkrans Natuurreservaat, Stilbaai-Oos – Die roete is tussen 5-12 km en vat 3-6 ure afhangende of jy helfte of volle roete doen. Dit is vernoem na die geel sandformasies bokant die hoogwater merk. Dit begin by die Preekstoel rotsformasie en kronkel deur kus fynbos en renosterveld en neem stappers via die kus. Permitte word benodig.
Staproetes wat tans gesluit is as gevolg van instandhouding
- Rooiwaterspruit staproete
- Boegoekloof staproete
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'