HESSEQUA NUUS - Die afgelope week is 9 mm reën in die Korentepoortdam in Riversdal se opvanggebied gemeet. maar die damvlak het met 2% na 95% gedaal.
Die Olive Grovedam het met 5% na 50% gestyg, terwyl die ander damvlakke in die Hessequa-streek konstant gebly het.
Die stand van damme:
12 September
- Korentepoortdam - 97%
- Duivenhoksdam - 100,1%
- Olive Grovedam - 45%
- Jongensfonteindam - 100%
19 September
- Korentepoortdam - 95%
- Duivenhoksdam - 99,8%
- Olive Grovedam - 50%
- Jongensfonteindam - 100%
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'