HESSEQUA NUUS - Die afgelope week is 6 mm reën in die Korentepoortdam se opvanggebied gemeet.
Slegs die Olive Grovedam in Stilbaai se vlak het goed gestyg, maar die Jongensfonteindam se vlak het vir die eerste keer in 'n baie lang tyd met 5% gedaal.
Die stand van damme
31 Oktober
- Korentepoortdam - 86%
- Duivenhoksdam - 87,5%
- Olive Grovedam - 68%
- Jongensfonteindam - 100%
7 November
- Korentepoortdam - 85%
- Duivenhoksdam - 85,7%
- Olive Grovedam - 80%
- Jongensfonteindam - 95%
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'