HESSEQUA NUUS - Die afgelope week is 12 mm reën in die Korentepoortdam in Riversdal se opvanggebied gemeet.
Vir die maand het 40 mm hier uitgesak.
Die ander damvlakke in die Hessequa-streek het konstant gebly.
Die jongste stand van damme:
29 Augustus
- Korentepoortdam - 97%
- Duivenhoksdam - 100,6%
- Olive Grovedam - 40%
- Jongensfonteindam - 100%
12 September
- Korentepoortdam - 97%
- Duivenhoksdam - 100,1%
- Olive Grovedam - 45%
- Jongensfonteindam - 100%
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'