STILBAAI NUUS - Die Olive Grovedam in Stilbaai in die Hessequa-streek se vlak het die afgelope week met 'n massiewe 15% gedaal, terwyl die Korentepoortdam met bietjie meer as 2% gesak het na slegs 1mm reën verlede week in sy opvanggebied.
Die Duivenhoksdam in Heidelberg het met ongeveer 1% in dieselfde tydperk gedaal.
Strenger waterbeperkings is van krag in al die dorpe in die streek en inwoners word gevra om water spaarsamig te gebruik.
Die stand van damme is soos volg:
28 Februarie
Korentepoortdam - 85,2%
Duivenhoksdam - 78,7%
Olive Grovedam - 85%
Jongensfonteindam - 100%
7 Maart
Korentepoortdam - 83%
Duivenhoksdam - 77,3%
Olive Grovedam - 70%
Jongensfonteindam - 100%
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'