HESSEQUA NUUS - Die Korentepoortdam in die Hessequa-streek se vlak het die afgelope week redelik konstant gebly na 19,2mm reën in sy opvanggebied gemeet is. Vir die afgelope maand is 69mm gemeet.
Die Duivenhoksdam in Heidelberg het egter met 4,3% in dieselfde tydperk gedaal, maar die Olive Grovedam in Stilbaai het met 5% gestyg.
Strenger waterbeperkings is van krag in al die dorpe in die streek en inwoners word gevra om water spaarsamig te gebruik.
Terwyl die Ernest Robertsondam met 0,14% gestyg het, het die Wolwedansdam nou onder die 90% vlak gedaal.
Die stand van damme is soos volg:
21 Februarie
- Korentepoortdam - 86%
- Duivenhoksdam - 83%
- Olive Grovedam -80%
- Jongensfonteindam - 100%
- Hartbeestkuildam - 6,89%
- Klipheuweldam - 23,79%
- Ernest Robertsondam - 97,00%
- Wolwedansdam - 90,42%
28 Februarie
- Korentepoortdam - 85,2%
- Duivenhoksdam - 78,7%
- Olive Grovedam - 85%
- Jongensfonteindam - 100%
- Hartbeestkuildam - 6,83%
- Klipheuweldam - 21,90%
- Ernest Robertsondam - 97,14%
- Wolwedansdam - 89,50%
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'