HESSEQUA NUUS - Verlede week is 3,8mm reën in die Korentepoortdam in die Hessequa-streek se opvanggebied gemeet.
Dié dam het binne 'n week 'n verdere 3% gedaal en die Duivenhoksdam in Heidelberg met 2,7%. Die Olive Grovedam in Stilbaai en Jongensfonteindam het konstant gebly.
Vlak 2 waterbeperkings is van krag in al die dorpe in die streek en inwoners word gevra om water spaarsamig te gebruik.
Behalwe die Ernest Robertsondam wat konstant gebly het, het damme in die Mosselbaai-streek gedaal.
Die stand van damme is soos volg: 31 Januarie
- Korentepoortdam - 93%
- Duivenhoksdam - 95,7%
- Olive Grovedam - 90%
- Jongensfonteindam - 100%
- Hartbeeskuildam - 7,18%
- Klipheuweldam - 30,45%
- Ernest Robertsondam - 99,86%
- Wolwedansdam - 94,92%
7 Februarie
- Korentepoortdam - 90%
- Duivenhoksdam - 93%
- Olive Grovedam -90%
- Jongensfonteindam - 100%
- Hartbeeskuildam - 7,05%
- Klipheuweldam - 28,73%
- Ernest Robertsondam - 99,86%
- Wolwedansdam - 93,42%
LEES MEER: Strenger waterbeperkings ingestel
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'