HESSEQUA NUUS - Weer eens is geen reën die afgelope week in die Korentepoortdam in die Hessequa-streek se opvanggebied gemeet nie.
Buiten die Olive Grove- en Jongensfonteindamme is die vlakke van die ander damme stadig maar seker besig om te daal. Vlak 2-waterbeperkings is van krag in al die dorpe in die streek.
Die Ernest Robertsondam in die Mosselbaai-streek het effens gestyg tot 100% terwyl die ander drie damme in die streek gedaal het.
Die stand van damme is soos volg:
17 Januarie
- Korentepoortdam - 98%
- Duivenhoksdam - 100,2%
- Olive Grovedam - 94%
- Jongensfonteindam - 100%Hartbeeskuildam - 8,37%
- Klipheuweldam - 35,11%
- Ernest Robertsondam - 99,59%
- Wolwedansdam - 97,98%
24 Januarie
- Korentepoortdam - 95,4%
- Duivenhoksdam - 98.5%
- Olive Grovedam - 95%
- Jongensfonteindam - 100%
- Hartbeeskuildam - 7,57%
- Klipheuweldam - 32,74%
- Ernest Robertsondam - 100,00%
- Wolwedansdam - 95,8%
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'