STILBAAI NUUS - ‘n Sake ontbyt is Donderdag 8 September by ‘n plaaslike restaurant deur Stilbaai-sakekamer aangebied, waar die Speaker van Hessequa-munisipaliteit, Andrew Stroebel die gasspreker was.
Sy gesprek het gehandel oor hoe om 'n omgewing te skep waarin ‘n besigheid kan floreer.
Stroebel het 'n beroep op diensverskaffers gedoen om op die munisipaliteit se databasis te registreer by secure.csd.gov.za, anders kan dit by die munisipale kantore gedoen word.
“Daar is sektore waar die munisipaliteit gereeld kwotasies aanvra, maar die plaaslike verskaffers op ons databasis is beperk,” het hy gesê.
Volgens hom wil die munisipaliteit graag plaaslik ondersteun, maar verskaffers moet hulle sake in orde kry, registreer en verseker dat hulle die diens kan lewer.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'