HESSEQUA NUUS - Sharon Davids en haar span het op Dinsdag, 26 September 'n Erfenisdagviering aangebied vir die senior burgers van Melkhoutfontein.
Die saal was pragtig versier met items uit die verlede, en hulle het geklee soos hulle ouers en grootouers.
Sharon het nostalgies geraak toe sy vertel het van die ou Melkhoutfontein.
Een van die hoogtepunte was die Kersfeesvieringe, wanneer hulle ouers hulle vir die dag see toe geneem het.
Saal was pragtig opgemaak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’