Video
HESSEQUA NUUS - Hessequa-munisipaliteit doen 'n beroep op die inwoners van Hessequa om water spaarsamig te gebruik.
Hoewel die streek 'n goeie reënseisoen agter die rug het en die damvlakke tans gesond lyk, het kragonderbrekings 'n direkte impak op die vermoë om voldoende hoeveelheid water te suiwer en word die beperkings steeds gehandhaaf soos reeds in die onderskeie dorpe ingestel.
Die volgende waterbeperkings is tans van toepassing:
VLAK 2 (Gouritsmond, Stilbaai, Melkhoutfontein en Riversdal)
- Tuine mag net twee keer per week natgemaak word, waarvan die ewe straatnommers op Maandae en Donderdae en die onewe straatnommers op Dinsdae en Vrydae natgemaak mag word tussen 17:00 en 18:00. Hierdie bepaling vervang alle vorige vergunnings vir die natmaak op ander tye.
- Tuinslange onder toesig, emmers, gieters en outomatiese besproeiingstelsels vir die natmaak van tuine, mag gebruik word op voorwaarde dat dit binne die toegelate tydgleuf gebeur.
- Afspuit van verharde oppervlaktes word verbied.
- Was van voertuie, karavane en bote mag slegs deur middel van 'n emmer gedoen word.
- Indien ander bronne soos reënwatertenks of boorgate gebruik word, moet dit op 'n sigbare wyse aangedui word.
- Ouetehuise, kwekerye en karwasbesighede is uitgesluit van hierdie beperking.
- Die lewering van munisipale dienste, wat sportfasiliteite en munisipale bates insluit, is uitgesluit by bogenoemde beperkings en sal op 'n ad hoc basis bestuur word deur administrasie.
- Dit vervang vorige beperkings en is geldig vir Gouritsmond, Stilbaai, Melkhoutfontein, Jongensfontein, Witsand en Riversdal.
- Dat skriftelike versoeke vir die afspuit van huise se dakke met 'n hoëdrukspuit goedgekeur word, maar sou die vlak van die Korentepoortdam (Riversdal) tot 50% en laer daal, sal geen versoeke verder goedgekeur word nie (hierdie is slegs van toepassing op Riversdal).
VLAK 3 (Albertinia, Heidelberg, Slangrivier en Jongensfontein)
- Tuine mag net een keer per week tussen 17:00 en 18:00 natgemaak word waarvan ewe straatnommers op Dinsdae en die onewe straatnommers op Donderdae natgemaak mag word. Hierdie bepaling vervang alle vorige vergunnings vir die natmaak op ander tye.
- Tuinslange onder toesig, emmers, gieters en outomatiese besproeiingstelsels vir die natmaak van tuine, mag gebruik word op voorwaarde dat dit binne die toegelate tydgleuf gebeur.
- Indien ander bronne soos reënwatertenks of boorgate gebruik word, moet dit op 'n sigbare wyse aangedui word.
- Ouetehuise, kwekerye en karwasbesighede word uitgesluit van hierdie beperking.
- Die lewering van munisipale dienste, wat sportfasiliteite en munisipale bates insluit, is uitgesluit by bogenoemde beperkings en sal op ad-hoc basis bestuur word deur administrasie.
- Hierdie vervang vorige beperkings en is geldig vir Albertinia, Heidelberg en Slangrivier.
VLAK 4 (Witsand)
- Water mag aangewend word slegs vir menslike gebruik.
- Die natmaak van tuine word verbied.
- Afspuit van verharde oppervlaktes word verbied.
- Was van voertuie, karavane en bote word verbied.
- Indien ander bronne soos reënwatertenks of boorgate gebruik word, moet dit op 'n sigbare wyse aangedui word.
- Ouetehuise, kwekerye en karwasbesighede is uitgesluit van hierdie beperking.
- Die lewering van munisipale dienste, wat sportfasiliteite en munisipale bates insluit, is uitgesluit by bogenoemde beperkings en sal op 'n ad hoc basis bestuur word deur administrasie.
- Dit vervang vorige beperkings en is geldig vir Witsand.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’