Gallery Update
SLANGRIVIER NUUS - Die skool het onlangs 'n pretloop as fondsinsameling vir die skool gehou.
Die verrigtinge het op die skoolperseel, asook buite om die skool plaasgevind.
Die leerders, lede van die personeel en sommige ouers was kleurvol uitgedos het die geleentheid op 'n prettige wyse gevier.
Volgens Adri Scholtz, opvoeder en organiseerder, het al die deelnemers die pretloop baie geniet. Na afloop daarvan is die leerders met lekkernye wat deur verskeie donateurs geskenk is, bederf.
Scholtz het haar dank en waardering teenoor die skenkers uitgespreek en hulle die versekering gegee dat elke sent wat ingesamel is, tot voordeel van die skool gebruik sal word.
Die leerders wys hoe baie hul die pretloop geniet het.
Lees 'n vorige artikel: Slangrivier stap vir die pret
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'