SLANGRIVIER NUUS - Die skool spog vanjaar vir die eerste keer sedert hul bestaan met 'n plaaslike onderwyser wat aan die hoof van sake staan.
Sally Lotz neem waar as prinsipaal in die plek van Peter Adams wat 'n pos in Oudtshoorn aanvaar het.
Alicia Pretorius is as waarnemende onderhoof aangestel, terwyl Carmen Pieters en Raymondé Saaiman onderskeidelik as nuwe graad 4 en 6 opvoeders aangestel is.
Die begin van die nuwe skooljaar het ook meegebring dat nuwe uniforms vir die dogters ingelyf is.
Volgens Lotz is sy vasbeslote om net haar beste in die pos te doen en beoog sy om met haar personeel die goeie standaarde en tradisies van die skool voort te sit.
"Ek sal graag my eie bestuurstyl wil handhaaf, sonder die verlaging van standaarde en waardes."
'n Nuwe dagbestuur is ook verkies en bestaan uit Lotz, Pretorius, Ninette Erasmus (departementshoof, intermediêre fase) en Petrus Saayman (departementshoof, seniorfase).
Die groep leerders spog in hul nuwe uniforms saam met Sally Lotz, prinsipaal.
ARTIKEL & FOTO'S: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'