Gallery
HEIDELBERG NUUSFLITS - Die vreugde en blydskap was duidelik te bespeur tydens Kairos Senior Sekondêre skool se amptelike inwyding van hul skoolsaal.
Buiten personeel en beheerliggaamslede het verskeie rolspelers, wat onder meer plaaslike borge, verteenwoordigers van die Eden WKOD, kontrakteurs, asook bestuurslede van Garden Cities (Archway Foundation), die nie-winsgewinde maatskappy wat die projekfasiliteerders en grootste finansiële bydraers was, die geleentheid bygewoon.
Direksielid van Archway Foundation en hoofgasspreker, Jannie Isaacs het gesê die lewe is soos ‘n berg wat geklim moet word.
“So was dit seker met jul droom om ’n volwaardige skoolsaal te bekom. Daar was tye wat dit moeilik moes gewees het, maar soos met bergklim, is dit die moeite werd wanneer die bergpiek bereik word.”
Hy het ook verwys na Nelson Mandela se lang pad na vryheid, maar benadruk dat met vryheid ook verantwoordelikheid kom.
Tom Pretorius, BHL voorsitter, Cameron Dugmore, ANC LPP-Hessequa, Jannie Isaacs, Garden Cities direkteur en gasspreker, Vivian Prins, Kairos prinsipaal, Mias du Plessis, WKOD Eden kringbestuurder en John Matthews hou hande na die onthulling van die gedenkplaat.
Die saal het nog baie bykomstighede nodig en donateurs kan met die skool in verbinding tree by 028 722 2920, Prins by 084 245 9995 of e-pos kairossec@gmail.com of vivianrprins@gmail.com.
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO'S: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'