Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Leerders en opvoeders van Voorwaarts Primêre skool op Riversdal het Maandagoggend ’n vreedsame protes teen geweld teen vroue en kinders op die skoolterrein gehou.
Die skool met 820 leerders het in samewerking met die polisie standpunt ingeneem teen die vlaag geweld wat die land teister.
Die leerders het onder leiding van die hoof, Chrystal Pietersen-Grootboom onderneem om hulle nie skuldig te maak aan geweldpleging nie.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'