HEIDELBERG NUUS - Die groep jongmense wat al 'n paar jaar as familie en vriende bymekaar is as die United Familiegroep het onlangs weer in Heidelberg vergader.
Volgens die voorsitter, Martin van Niekerk is hulle hoofdoel om familielede en vriende, veral dié wat met kanker gediagnoseer is, sover moontlik finansieel, asook emosioneel te ondersteun.
Die groep het op 30 Oktober 'n Super Hero-fondsinsamelingsfunksie op Heidelberg gehou om geld in te samel vir hul jaareinde Kerseteprojek wat vanjaar op Prins Albert gehou word. Dit is 'n jaarlikse funksie waartydens hulle etes aan minderbevoorregte kinders en senior burgers verskaf.
Groot was hul verbasing toe 'n verbygaande motoris hulle by die motorhawe opmerk en hy hulle met R2 000 seën om hul goeie werk voort te sit nadat hy uitgevind het wat die doel van die funksie is. Die skenker, wat blykbaar iewers in die Weskusstreek bly, het hom net as Derick aan hulle bekendgestel.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'