STILBAAI NUUS - Indien jy 'n OK Foods-lojaliteitskaart het, kan jy nou jou punte aan Jagersbosch-gemeenskapsorgsentrum skenk.
Die punte word deur Jagersbosch gebruik om aankope te doen vir die etes van Jagersbosch-lede.
Indien jy nog nie 'n lojaliteitskaart het nie kan jy aansoek doen by die kiosk in OK Foods Stilbaai.
Om jou punte te skenk kan jy aandoen by die kiosk in OK Foods of alternatiewelik by Jagersbosch se kantoor.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’