HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike landbougenootskap het Erfenisdag, 24 September met 'n skaapkop, skaapnek en afvalete by die skouterrein se biertuin gevier.
Hierdie is 'n besonderse ete wat jou letterlik in die oë kyk, maar 60 mense het dit gretig aangedurf en met smaak geniet.
Die res van die 169 gaste het 'n sappige skaapnek of kerrie afval verkies.
Die weer het toegelaat dat daar heerlik in die opelug gekuier kon word.
Later het oud en jonk tot laat op die dansvloer geskoffel.
Cornell Uys en Marlene Blom vul gaste se borde met ekstra bykosse wat die ete komplimenteer.
ARTIKEL EN FOTO'S: ALETTA SUTHERLAND, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'