HESSEQUA NUUS - Hessequa-skaakontwikkelingstoernooi vir skole is op 13 Oktober op Riversdal in die Thusong-dienssentrum aangebied.
Volgens die munisipaliteit is die toernooi inisiatief gedurende 2012 begin en het die spel binne die streek geweldig gegroei. Die doel daarvan is nie net om die spel as sportkode te bevorder nie, maar om ook opkomende skaakspelers te ontwikkel. 'n Totaal van 216 leerders het deelgeneem.
Dit was vir die eerste keer 'n geregistreerde toernooi, wat beteken die spelers was gegradeer en alle uitslae kan wêreldwyd op die web by Chessa gesien word.
Die volgende skole het deelgeneem
Oker, Voorwaarts, Panorama, De Waalville en Slangrivier Primêre skole; Laerskole Volschenk en Melkhoutfontein; Hoërskole Langenhoven, Albertinia en Heidelberg; Gerrit du Plessis en Kairos Senior Sekondêre skole, asook die Hoër Landbouskool Oakdale. Wenners het elk 'n trofee en skaakstel ontvang.
Laerskole o.13
Ontwikkelingspelers van die toernooi was Curlin Groenewald van Hoërskool Albertinia en Zuraida Prins van Panorama Primêr. Theo Kleinhans van Slangrivier Primêr kry 'n derde plek, Leigh-Hende Eksteen van Hoërskool Albertinia tweede en Leancon Manho van Voorwaarts Primêr eerste.
Die hoërskool trofeewenners Van links is Leighton Lawak Jeneska Januarie, Azriel Johnson, Jedediah Adams, Gretha Conradie, Melissa Stephanus, Jodie Nomdie en Marlon Pietersen.
Hoërskole o.20
Ontwikkelingspelers van die toernooi is Marlon Pietersen van Hoërskool Albertinia en Jodie Nomdie van Slangrivier Primêr. Jeneska Januarie van Gerrit du Plessis speel 'n eerste plek los, Jeddiah Adams van Slangrivier tweede en Melissa Stephanus van Gerrit du Plessis derde.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'