Update
HESSEQUA NUUS - Een persoon is dood in vanoggend se ongeluk op die N2-snelweg tussen Riversdal en Heidelberg.
Volgens Riversdal-polisie se woordvoeder, konstabel Venia Daries, het 'n ma en haar twee kinders in die rigting van Caledon gery toe die ma na bewering beheer oor die bakkie verloor het.
Die seun is per AMS-helikopter na 'n hospitaal in George vervoer, maar het tydens die vlug gesterf.
Die ma is per ambulans na die George-hospitaal geneem.
Dit wil voorkom asof die dogter nie ernstige beserings opgedoen het nie.
Die ongeluk het ongeveer 12km vanaf Riversdal plaasgevind.
Vorige artikel: Nooddienspersoneel op ongelukstoneel
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'