HESSEQUA NUUS - Riversdal-polisie en nooddienste is besig met 'n reddingsproses op 'n ongelukstoneel op die N2-snelweg tussen Riversdal en Heidelberg.
Konstabel Venia Daries, woordvoerder vir die Riversdal-polisie, sê die ongeluk het in die Jan Pienaars-omgewing plaasgevind.
Dis onbekend hoeveel voertuie in die ongeluk betrokke was. Die aard van beserings is nog onbekend.
Daries het gevra dat motoriste asseblief versigtig moet ry aangesien nooddienspersoneel besig is op die toneel.
Een van die voertuie het in n beboste area tot stilstand gekom.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'