HESSEQUA NUUS - Selfverdediging is nie meer ‘n rede om aansoek te doen vir ‘n vuurwapen nie; dit is volgens die nuwe wetgewing op die konsepwysigingswet op die beheer van vuurwapens.
As dié wetgewing in sy huidige vorm aanvaar word, sal niemand meer ‘n vuurwapen vir selfverdediging mág koop óf besit nie.
Dit is bo en behalwe verskeie ander beperkings wat op vuurwapeneienaars en toekomstige wapeneienaars geplaas sal word.
Mense wat dus nog nie op die konsepwysigingswet kommentaar gelewer het nie, moet opskud. Die sluitingsdatum is eerskomende Maandag, 2 Augustus om middernag.
Jy hoef nie ‘n vuurwapeneienaar te wees om jou stem te laat hoor nie. Die uitnodiging in die Staatskoerant om kommentaar te lewer, is aan die breë publiek gerig.
Daar is ‘n voorafbereide kommentaarstuk wat per epos (by My Voice, publicresponse74@gmail.com) aangevra kan word. Heg dit aan ‘n e-pos waarop jy die titel van die dokument intik, asook jou naam en van, posadres, eposadres en telefoonnommer(s) en stuur dit voor middernag, 2 Augustus aan: comments.fcabill@csp.gov.za
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'