HESSEQUA NUUS - Moord: Vier mans het Woensdag 3 Augustus in Riversdal-landdroshof verskyn vir die moord op 'n hawelose man, Robert Hendricks op 20 Desember 2019. Drie van die aangeklaagdes is 21 jaar en die vierde een 26 jaar oud.
Hulle word ook aangekla van roof en aanranding ernstig. Hulle bly in aanhouding tot hul volgende verskyning op Woensdag 31 Augustus.
Handel in dagga
Een verdagte is Dinsdag 16 Augustus op die N2 naby Gerrit du Plessis Sekondêr vir handel in dagga in hegtenis geneem.
"Ons het drie sakke dagga in sy besit gevind wat 2,407 kg weeg, met 'n straatwaarde van R3 000," het sers. Christiaan Jansen, polisiewoordvoerder gesê.
Die arrestasiebeampte is konst. Garnet Damans, bygestaan deur ao. Hans Busch en Jansen.
Die verdagte het Woensdag in die hof verskyn.
Van links is sers. Christiaan Jansen, die verdagte, konst. Garnet Damans en ao. Hans Busch met die dagga.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'