HESSEQUA NUUS - Inwoners van die Hessequa-munisipale streek asook ander dele van die Tuinroete se koppe is omhoog met ‘n SANW-helikopter wat die afgelope twee dae baie laag oor dorpe en landelike gebiede binne die streek vlieg.
Alhoewel geen amptelike kommentaar oor die vlugte verkry kon word nie, het die Suid-Kaap Forum vertroulik verneem dat daar geen rede tot kommer is nie.
“Die SANW is vanaf sover as Johannesburg besig met roetine vlugte oor verskeie gebiede, wat hierdie gebied insluit,” het ‘n bron aan die Suid-Kaap Forum bevestig.
Volgens die betroubare bron is die vlugte nie deel van enige SANW of polisie-optredes nie, maar slegs roetine vlugte.
Lesers is welkom om vir ons foto’s van die helikopter-vlugte te epos na christo@groupeditors.co.za of per WhatsApp te stuur na 082 788 4933.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'