Gallery Update
HESSEQUA NUUS - Weens die swaar stortreën van Woensdag, 5 Mei het die waterbron wat water aan Jongensfonteindam voorsien, gedeeltelik toegeslik.
Daar is drie fonteine wat die dam voed waarvan twee hoofsaaklik as bron dien.
Die sandfilters wat die water suiwer, het aangepak en kan tans nie die water skoonmaak nie. Die sand in die opgaardam beïnvloed die stoorkapasiteit, asook kleur van die water.
Water word tans vanaf die stroom wat deur Jongensfontein karavaanpark vloei, teruggepomp om die kwaliteit van die gesuiwerde water te verbeter.
Foto's: Vloede veroorsaak bruin water
"Die munisipaliteit is reeds in die proses om die sand in die sandfilters te vervang, asook om 'n slootgrawer te huur om die waterbron oop te maak en die sand in die dam te verwyder," sê Didi Budricks, munisipale woordvoerder.
Alle eiendomme word reeds weer van water voorsien na die hooflyn gedeeltelik herstel is. Dit sal finaal herstel word sodra die herstelwerk aan Hoofweg deur die Wes-Kaap paaie departement afgehandel is.
"Inwoners word versoek om verdraagsaam te wees aangesien alle dienste onverwyld herstel word om diens van hoë gehalte te verseker."
Vorige artikel: Bruin water as gevolg van vloede
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'