Gallery
HESSEQUA NUUS - Weens die swaar stortreën van Woensdag, 5 Mei het die waterbron wat water aan Jongensfonteindam voorsien, gedeeltelik toegeslik.
Daar is drie fonteine wat die dam voed waarvan twee hoofsaaklik as bron dien.
Die sandfilters wat die water suiwer, het aangepak en kan tans nie die water skoonmaak nie.
Die sand in die opgaardam beïnvloed die stoorkapasiteit, asook kleur van die water.
Foto's: Vloede veroorsaak bruin water
Die munisipaliteit is reeds in die proses om die filters skoon te maak en vra inwoners om verdraagsaam te wees.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'