Update Video
SLANGRIVIER NUUS EN VIDEO - Twee instansies wat die nood in die Slangrivier-gemeenskap raakgesien en aangespreek het, is die plaaslike Healing Broken Hearts Ministries, onder leiding van Carol Hendricks en Liouna Joseph, asook die Upcountry Feeding Hands (UFH) van Grassy Park, onder leiding van Shafiek Manual.
Beide Hendricks en Joseph het vir Manual genader om die groot nood in die plaaslike gemeenskap aan te spreek, wat die UFH op Saterdag 2 Julie gedoen het en nagenoeg 800 inwoners van heerlike sop en kos voorsien het.
Hendricks sê daar is groot werkloosheid in die gemeenskap wat maak dat broodwinners nie in hul gesinne se behoeftes kan voorsien nie.
Daar is by drie punte in die Onder- en Borivier-gebiede aan inwoners kos voorsien.
Volgens Manual fokus hulle meer op die landelike gebiede, maar skroom hulle nie om in die stedelike gebiede ook hul dienste aan te bied nie.
"Ons is diep bewus van die groot nood rondom ons en alhoewel baie van ons lede dit nie altyd so breed het nie, ag ons dit ons menslike plig om diegene wat minderbevoorreg as ons is te voed. Dit verskaf ons groot vreugde om die blydskap op die begunstigdes se gesigte te sien," het Manual benadruk.
VIDEO - Samaritane reik uit na behoeftiges
Dié groep lede van die Healing Broken Hearts Ministries en Upcountry Helping Hands het saamgespan om nagenoeg 800 inwoners van Slangrivier te voed. Foto's: Clive Pretorius
Inwoners van Slangrivier het in hul hordes opgedaag om van die heerlike sop en kos te geniet.
Helpende hande. Shafiek Manual, leier van Upcountry Helping Hands, staan hier by Carol Hendricks (links) en Liouna Joseph, Healing Broken Hearts Ministries se twee leiers.
Vorige artikel: Samaritane reik uit na behoeftiges
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'