Video
SLANGRIVIER NUUS - Twee instansies wat die nood in die Slangrivier-gemeenskap raakgesien en aangespreek het, is die plaaslike Healing Broken Hearts Ministries, onder leiding van Carol Hendricks en Liouna Joseph, asook die Upcountry Feeding Hands (UFH) van Grassy Park, onder leiding van Shafiek Manual.
Hendricks en Joseph het vir Manual genader om die groot nood in die plaaslike gemeenskap aan te spreek, wat die UFH op Saterdag, 2 Julie gedoen en nagenoeg 800 inwoners van heerlike sop en kos voorsien het.
VIDEO - Samaritane reik uit na behoeftiges:
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'