HEIDELBERG NUUSFLITS - ’n Oud-inwoner van dié dorp, Gavin Pietersen wat nou in Kraaifontein woonagtig is, het besluit dat hy ’n verskil in kinders van sy tuisdorp se lewens wil maak.
Pietersen het Vrydag 9 Maart die leerders en personeel van Vondeling Primêr verras toe hy met lekkernye vir al die leerders, 10 paar skoene, asook ’n trui by die skool opgedaag het.
Volgens hom het hy self op verskeie plase grootgeword en moes hy regdeur die jaar baie kilometers kaalvoet na die skool aflê.
Hy het die leerders aangemoedig om bo hul omstandighede uit te styg.
“Jou lot word nie bepaal deur die skoene wat jy dra nie, maar deur die stappe wat jy in die lewe neem.”
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'