Update
STILBAAI NUUS - Sakekamers is baie belangrik, nie net vir besigheidseienaars nie, maar ook vir die ekonomiese groei van 'n dorp.
Dit is die mening van Charles de Kock, prinsipaal van Chas Everitt in die Suid-Kaap. Om dié rede het hy dit goed gedink om met die opening van hul groter kantore in Keurboomlaan in Stilbaai 'n veiling ten bate van Stilbaai-sakekamer te hou.
Die aand was 'n reusesukses en die agentskap het R10 000 aan die sakekamer oorhandig.
"Dis vir my 'n voorreg om deel van Stilbaai-sakekamer te wees en lekker om terug in die gemeenskap te ploeg," het hy by die geleentheid gesê.
Chas Everitt is vanaf 1 November die eksklusiewe agentskap vir die Skulpiesbaai-ontwikkeling, wat as een van die bes geprysde seesigontwikkelings in Suid-Afrika gesien word.
Kontak Jeanne Hamman (082 522 9893) vir meer inligting.
Vorige artikel: Sakekamer kry hupstoot
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'