MOSSELBAAI NUUSFLITS - In 'n nadraai in die beweerde saak teen 'n beskuldige in die Chris Harmse-saak is Suid-Kaap Forum ingelig dat die betrokke klag nog nie op die hofrol reflekteer nie.
Volgens die beskuldigde se prokureur, Christi Olivier het hulle mediasie voorgestel aangesien Harmse aan natuurlike oorsake gesterf het en nie weens die bakleiery tussen sy kliënt en Harmse nie.
Sy kliënt het na bewering vir Harmse tydens 'n woordewisseling aangerand oor die onderhoud van 'n watersloot op die plaas Peperduurfontein in die Kruisrivier-omgewing.
Volgens Olivier het die staat besluit daar is nie meriete om sy kliënt aan te kla nie, maar het die oorledene se familie 'n vertoë gerig waarom vervolging wel moet plaasvind.
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Hessequa nuus'