STILBAAI NUUSFLITS - Drie fietsryers, kompleet met bagasie en kamptoerusting wat verklap dat hulle met hul fietse toer, is in die streek opgemerk.
Die driestuks was Woensdag 18 Janaurie vir die eerste keer in dié kusdorp raakgesien en toe weer die volgende dag by die Stilbaai-bootjie by die N2-afrit.
By nadere kennismaking en met behulp van Google se vertalingsprogram, kon vasgestel word dat Alexander, Vadim en Linar drie Russiese toeriste is.
Hulle het op 11 Januarie vanaf Port Elizabeth kuslangs getoer en hoop om teen 25 Januarie in die Kaap te wees.
ARTIKEL: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
Lees meer in volgende week se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Tuinroete nuus'