Die 'Mnr Heidelberg modeskou' was in meer as een opsig 'n eerste vir die klub, aangesien die geharde rugbyspelers self as wafferse modelle op die loopplank was.
Francois Pieters, kranige senter wat SWD kleure vir die o.21-span verwerf het, is as Mnr Heidelberg gekroon.
Gleazon Pietersen is as Eerste Prins en Martin Hartnick as Tweede Prins aangewys.
Devoroh Michaels, geharde voorryman, het beslis die aandag in 'n oulike sonskyngeel somersrokkie getrek en is as Mnr Persoonlikheid gekroon.
Carlet September het die louere as Mnr Well Built weggedra.

Die Heidelberg-rugbyklub het Vrydagaand, 27 Junie vir die eerste keer in hul bestaan 'n modeskou in die Duivenhoks gemeenskapsaal aangebied.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'