STILBAAI NUUS - Die graad 7-leerders van Laerskool Bertie Barnard het Vrydag, 29 Oktober roosterkoeke as deel van hulle fondsinsameling verkoop.
'n Totaal van 330 roosterkoeke is verkoop, wat 'n inkomste van R10 000 ingebring het.
"Dit sou nie moontlik gewees het sonder die goedhartigheid van Peet van Staden en Stilbaai Spar nie. Van die personeel van Spar het donkernag Vrydagoggend roosterkoeke begin maak met bestanddele wat ook deur die Spar geskenk is," het die skoolhoof, Nicky Deetlefs gesê.
Die voorafbestellings deur Stilbaai-inwoners was so goed dat die leerders nie eers nodig gehad het om nog roosterkoeke te verkoop nie.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'