RIVERSDAL NUUS - 'n Skoonmaak-aksie gaan op 24 Julie weerskante van die Stegbrug oor die Vetterivier noord van die dorp plaasvind.
Die geleentheid word gereël deur die departement van water en sanitasie, die Hessequa-munisipaliteit en Stephen Pain van Friends of the Earth-organisasie.
"Die doel is om al die rommel vir ten minste 50 m weerskante van die brug op te ruim," sê Pain. "Afhangend van hoeveel vrywilligers aan die projek deelneem sal 'n groter gebied skoongemaak kan word."
Volgens Pain is die korttermyn doelwit om die rivieroewers skoon te maak, terwyl die medium en langtermyn doelwit is om mense bewus te maak van hul verantwoordelikheid teenoor die omgewing. "As mense hul verantwoordelikheid aanvaar sal toekomstige skoonmaakaksies onnodig wees," meen hy.
Vrywilligers wat betrokke wil raak, kan Chantel Botha van Intellect Business Systems (IBS) by 028 713 1051 vir meer inligting kontak, of 'n WhatsApp-boodskap na 063 892 0893 stuur. Die finale reëlings sal later bekend gemaak word.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'