Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Riversdal se strate was Saterdag 28 Maart grotendeels verlate.
Nooddienste is vroegoggend ontplooi om seker te maak inwoners beweeg met ’n doel in die strate.
By groter supermarkte is streng maatreëls toegepas om mense op ’n veilige afstand van mekaar te hou. By almal, ook die Kleiner winkels, is net 50 persone binne toegelaat.
Strate na sekere woonbuurte is afgesper en die boodskap dat almal in hul huise moet bly is duidelik met ’n megafoon uitgedra.
Haweloses het intussen veilige tuistes gevind en word versorg.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'