Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO - Nadat Cameron Dugmore (ANC LLP van die Hessequa-streek) 'n paar weke gelede deur gemeenskapsleiers na Elsiesrivier, Leonsdale genooi was vir 'n indrukwekkende program waar regshulp gratis aan minderbevooregte persone aangebied word, het hy gevra dat dieselfde uitreik aan dié streek, selfs so ver as Mosselbaai gebied word.
Adv. Venice Burgins van Kaapstad en Jerry Manuel, verteenwoordiger van die militêre veterane het dadelik werk daarvan gemaak en saam met SA Legal op Vrydag 15 September na Kwanokuthula gekom.
Tydens die verrrigtinge het Marguerite van Schalkwyk, professionele assistent van dié firma op Riversdal in Afrikaans en Engels verduidelik dat prokureurs beskikbaar is om kwalifiserende persone met sake soos boedels, siviele of kriminele sake by te staan.
Noma Siyaya van die regshulp organisasie in George het alles in iXosa verduidelik.
Die groep het die verrrigtinge bygewoon.
Marguerite van Schalkwyk, professionele assistent van dié firma op Riversdal in Afrikaans en Engels verduidelik dat prokureurs beskikbaar is.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'