STILBAAI NUUS - Willem Botha, bekende in regs-, politieke en bewaringskringe is vandag (Maandag 6 Januarie) in die Life Bay View-hospitaal op Mosselbaai na ’n hartomleidingsprosdure oorlede.
Botha, wat as prokureur op Stilbaai praktiseer het, het saam met sy vrou Petro op hul plaas Klein Kruisrivier buite Riversdal gewoon.
Die oud-speaker van die Hessqua Raad was ten tye van sy dood voorsitter van die raad van die Gourits-groepsbiosfeerreservaat (GCBR).
Geen begrafnisreëlings is tans bekend nie.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'