SUID-KAAP NUUS - Redakteurs van Group Editors Ltd het Vrydag 17 November hul laaste vergadering vir die jaar by die Botaniese Tuin in George gehou.
Die geleentheid is ook gebruik om die jaar af te sluit, hoewel al die koerante in die groep se laaste koerant vir die jaar op 21/22 Desember op straat sal wees.
Vakansiegangers moet seker maak dat hulle nie die uitgawe van 14/15 Desember misloop wanneer ons jaarlikse Holiday Guide in al die koerante sal verskyn.
Die week daarop sal dit ook apart in sommige winkels beskikbaar wees.
Kantore heropen weer op 8 Januarie, met die eerste uitgawe van die nuwe jaar op 11/12 Januarie in die winkels.
Na afloop van die vergadering is 'n glasie geklink op Hannes Visser, redakteur van die Oudtshoorn Courant, se 60ste verjaarsdag.
Van links is: Mariëtte Burger (Graaff Reinet Advertiser), Suzette Herrer (Mossel Bay Advertiser), Hannes Visser (Oudtshoorn Courant), Nickey le Roux (nuusredakteur Mossel Bay Advertiser), Elaine King (Knysna-Plett Herald), Wilma Adamson (Suid-Kaap Forum), Ilse Schoonraad (groepredakteur van Group Editors) en Lizette da Silva (George Herald).
'Ons bring jou die nuutste Hessequa, Klein-Karoo, Tuinroete nuus'