Gallery Video
ALBERTINIA NUUS EN VIDEO - Huppelland kleuterskool op Albertinia is waarskynlik die speelgrond, wat op privaatgrond langs die skooltjie geleë is en waarvan die skooltjie gebruik gehad het, binnekort kwyt.
“Al ons speeltoerusting is op die leë erf geleë, want ons het nie plek daarvoor nie. Ons het al vir baie jare ’n ooreenkoms met die eienaar om dit gratis te gebruik en moes slegs die terrein onderhou en die eiendomsbelasting betaal,” vertel Irma Kemp, skoolhoof.
Die kleuterskool bied opvoedkundige diens aan die kinders van die dorp en naburige plase sedert 1986. Die speelgrond huisves ’n groot oerwoudgimnasium, swaaie, oefenspasie vir sportbyeenkomste en dis selfs net 'n groot plek waar kinders kan hardloop en speel.
Fotogalery: Huppelland kleuterskool op Albertinia
“ Dit sal 'n ramp vir ons skool wees om die ruimte te verloor, want dit sal beteken dat ons al ons toerusting moet verkoop. Die speelplek is een van die kleuterskool se grootste bates en is tot voordeel van die kleuters. Tans het ons nog net ‘n druppel in die emmer van die R140 000 wat ons benodig.”
Kyk 'n video hieronder:
Enigiemand wat belangstel om hand in die sak te steek, kan Kemp kontak (082 745 5400).
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'