Update
RIVERSDAL NUUS - Loslitdag is hierdie Vrydag 1 September en dit is nie te laat om nog jou ondersteuning te wys deur 'n plakker aan te koop nie.
Loslitdag is die land se grootste fondsinsamelings- en bewusmakingsprojek vir persone met gestremdhede. Jou plakker is jou 'lisensie' om so 'n groot impak te maak en om vir almal te wys dat jy persone met gestremdhede ondersteun en kan verkry word vir 'n donasie van R10.
Vanjaar se tema is 'Loslit innie Lente' - dis nie nodig om volgens die tema aan te trek nie, maar met 'n plakker op wys jy jou ondersteuning.
Gaan besoek vandag nog Huis Wallace Anderson om jou plakker aan te koop.
Lees 'n vorige artikel: Raak loslittig op loslitdag
ARTIKEL: ELIZE BLOM, SUID-KAAP FORUM JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'