RIVERSDAL NUUSFLITS - Dit is nie te laat om jou ondersteuning vir Loslitdag op Vrydag 1 September te wys nie.
Loslitdag is die land se grootste fondsinsamelings- en bewusmakingsprojek vir persone met gestremdhede.
Jou plakker is jou 'lisensie' om so 'n groot impak te maak en om vir almal te wys dat jy persone met gestremdhede ondersteun.
Plakkers kan verkry word teen R10 elk.
Vanjaar se tema is 'Loslit innie Lente'. Dis nie nodig om volgens die tema aan te trek nie, hoewel dit groot pret kan wees.
Plakkers kan by Huis Wallace Anderson aangekoop word.
ARTIKEL: ELIZE BLOM, SUID-KAAP FORUM JOERNALIS
Lees meer in die Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'