HESSEQUA NUUS - Die eienaars van Mia (7), ’n wit-en-swart kat met groen oë, bied ’n beloning van R500 aan vir iemand wat kan help dat sy opgespoor word.
Sy het Sondag 2 Februarie van ’n plaas sowat 10 km op die Vetterivierpad weggeraak.
Eers is vermoed dat sy vir donderweer geskrik en êrens naby die huis gaan wegkruip het, maar sy het nie teruggekom nie. Nog ’n moontlikheid is dat sy dalk in een van die bokse was wat saam met ander rommel by die stortingsterrein buite Riversdal afgelaai is.
“Sy is ‘n kleinerige katjie in vergelyking met ander katte en gaan nie sommer na iemand toe nie,” sê eienaar Yolande Barnard.
Kontak haar by 076 303 2773 indien jy die katjie dalk êrens gewaar.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'