STILBAAI NUUS - 'n Tuinprojek by Ouma Lena se Huis op Melkhoutfontein, in samewerking met Stilbaai-polisie het ten doel om inwoners te bemagtig, vaardighede aan te leer en werkskepping.
Ander rolspelers is die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en vrywilligers.
Volgens sers Chrissie Lewaks is daar baie uitdagings in Melkhoutfontein.
"Dit sluit in kinders wat in konflik met die polisie is, verskillende soorte misdaad as gevolg van werkloosheid en vroeë skoolverlating. Die doel is ook om gemeenskapsdeelname te bevorder."
Van links: Sersant Chrissie Lewaks, Elise Moses en Francois Peerold (vrywilligers), Beryl Prins en Jenny Olivier. Foto: Wilma Adamson
• Lees meer hieroor in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'