RIVERSDAL NUUS - Prof. Gerhard Geldenhuys het die dorp Woensdag 22 Augustus besoek, om navorsing oor die Hay-moord wat in 1899 op Heidelberg plaasgevind het, te doen.
Dié wrede moord het Geldenhuys, 'n boorling van Heidelberg nog altyd geïnteresseer.
Geldenhuys het afgetree en was vroeër verbonde aan Stellenbosch Universiteit. Hy was verlede jaar die ontvanger van die Hugenote-vereniging en die DF du Toit-Malherbe prys vir sy genealogiese navorsing.
Nadat Gilbert Hay se moeder in 1899 geweier het om vir hom geld vir drank te gee, het hy haar met 'n hamer vermoor. Vir die wrede daad is hy deur landdros Osler skuldig bevind en die doodstraf opgelê.
Dit was die eerste en enigste teregstelling op Riversdal. Vir die teregstelling is 'n mobiele galg per ossewa vanaf Swellendam vervoer. Daarna is dit weer terug na Swellendam waar die hout op 'n openbare veiling verkoop is. Die aand voor die teregstelling is Hay geestelik deur eerwaarde Anderson bearbei.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'