RIVERSDAL NUUSFLITS - Riversdal SuperSpar het reeds alle Enterprise, Bokkie, Renown, Mieliekip en Lifestyle produkte van hul rakke verwyder.
Volgens André van Wyk (eienaar) moes ys- en vrieskaste, asook koelkamers deeglik skoongemaak word.
“Ons het alle produkte verwyder en in sakke gesit wat geseël moes word. Soos voorgestel is alles ontsmet en deeglik skoongemaak.”
Met die Listeria-uitbraak en aankondiging van die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi dat alle geprosesseerde vleisprodukte van sekere vervaardigers se winkelrakke afgehaal moet word, het Suid-Kaap Forum winkels op Riversdal besoek.
Al die winkels hou nie dié produkte aan nie, maar die wat wel het is reeds verwyder.
Listeria is blykbaar in produkte by Enterprise Foods se grootse prosesseringsfabriek in Limpopo gevind.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'